Huiseienaars sal nog 'n bietjie langer moet uithou vir effense finansiële verligting
- 90.6 FM News
- Mar 28, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - BetterBond sê huiseienaars sal nog 'n bietjie langer moet uithou vir effense finansiële verligting. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het eenparig besluit om die terugkoopkoers op 8,25% te handhaaf, terwyl die prima uitleenkoers op 11,75% sal bly. BetterBond se waarnemende bestuurshoof, Bradd Bendall, hulle het gehoop die daling in inflasieverwagtinge vir die volgende twee jaar sou genoeg wees om dié maand rentekoerse te verlaag.
Die Eiendomsektor-strateeg van FNB, John Loos, sê intussen die Reserwebank se besluit om rentekoerse onveranderd te laat beteken waarskynlik eiedomsmark-aktiwiteit bly gematig en pryse korrigeer op die oomblik. Die voortgesette sywaartse beweging in rentekoerse sal na verwagting eiendomswaardes steeds laat met baie lae enkelsyfer-groei, wat nie tred hou met inflasie nie. Loos sê as die bestaande mark ten beste sywaarts beweeg, sal die mark vir nuwe ontwikkelings waarskynlik steeds onder druk bly.
FOTO: (Verskaf)
Kommentit