Search

Huishoudings beleef steeds ‘n finansiële las weens die pandemie, maar minder as in 2020

VAALDRIEHOEK - Suid-Afrikaanse huishoudings voel steeds die finansiële las van die Covid-19-pandemie, maar in ‘n mindere mate as in 2020. Die jongste verbruikers-opname het aan die lig gebring meer as 61% van huishoudings ervaar steeds vanjaar die gevolge van die inperking, vergeleke met meer as 80% in 2020. Die opname het ten doel om die verbruiker-sentiment te midde van die pandemie te bepaal, en word maandeliks gedoen vandat wêreldwye inperkings ingestel is. Dit beteken meer Suid-Afrikaners wat reeds ‘n skuldlas het, maak op krediet staat om oor die weg te kom.

Intussen groei die skoonheid- en welstandsektor in Suid-Afrika steeds ten spyte van ekonomiese uitdagings as gevolg van die pandemie. Kenners in die bedryf sê skoonheid is voorheen as ‘n luukse beskou, maar is deesdae ‘n roetine nadat dit by mediese estetika ingelyf is. Klinieke het nou medies opgeleide praktisyns wat nou saamwerk met skoonheidskundiges of somatoloë. Intergest South Africa verwag die mark vir skoonheid en persoonlike sorg in Afrika sal van 2018 tot 2022 groei teen ‘n jaarliks-saamgestelde koers van 6,6%.

FOTO: (Verskaf)



1 view0 comments