Search

Inflasie op sy laagste in bykans 15 jaar

VAALDRIEHOEK - Statistieke Suid-Afrika sê die inflasiesyfer is op sy laagste vlak in bykans 15 jaar. Die VPI het in April op 3% gestaan teenoor die 4,1% in Maart. Dit is die laagste in 15 jaar, sedert die 2,8% wat in Junie 2005 gemeet is. Dit beteken ook inflasie is nou op die onderste vlak van die Reserwebank se teiken vir die inflasiekoers, wat tussen 3% en 6% is. Die Reserwebank vergader weer aanstaande maand om oor rentekoerse te besin.Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) het pryse tussen Maart en April met 0,5% gedaal.Kospryse was in April 4,4% hoër as in April 2019 terwyl behuising en nutsdienste (krag en water) altesame 4,6% duurder was as ’n jaar gelede. Danksy laer brandstofpryse was vervoer 3,5% goedkoper.

FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg