Search

Inligting oor Graad 1 en 8 plasingproses word Sondag verwag

VAALDRIEHOEK - Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, sal ouers Sondag inlig oor die graad 1- en 8-aanlyn plasingsproses vir skoolaansoeke. Die provinsie se skoolplasingsproses van twee maande eindig Maandag. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die LUR sal ook die aanvang van laat aansoeke bekend maak. Ouers wat nie in staat was om in Junie en Julie aansoek te doen om plasing nie, sal die nodige inligting gegee word.

FOTO: (Verskaf)



3 views0 comments