top of page
Search

Jaarlikse inflasiekoers af na 5,1% in Junie van 5,2% in Mei

Writer's picture: 90.6 FM News90.6 FM News

VAALDRIEHOEK - Die jaarlikse inflasiekoers was in Junie 5,1%, wat 'n daling toon van die 5,2% in Mei. Statistieke SA sê die jaarlikse inflasiekoers vir voedsel en nie-alkoholiese drank het gedaal tot 4,6% in Junie - die laagste sedert September 2020. Slegte nuus vir koffie- en teeliefhebbers is dat die jaarlikse koers vir warm drankies geklim het van 14,2% in Mei tot 16,5% in Junie. Die jaarlikse koers vir brood en graankos het die eerste keer in 14 maande gestyg. Die inflasiekoers in die kategorie vir melk, eiers en kaas het die afgelope ses maande verstadig.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


A New Design (1) (2).jpg
bottom of page