top of page
Search

Kaartswendelaars in Vanderbijlpark in hul spore gestop.

VANDERBIJLPARK - Fidelity ADT Vaal het Maandag twee vermeende OTM-kaart-swendelaars in hegtenis geneem wat na bewering in die Vaaldriehoek bedrywig is.

Volgens Arrive Alive volg die arrestasie nadat die Fidelity ADT Gemeenskapsbedryfsbestuurder inligting ontvang het oor 'n wit Polo met twee verdagte insittendes, by die Engen Garage in Frikkie Meyer-boulevard in Vanderbijlpark. Nadat ondersteuning versoek is, is die twee manlike verdagtes op die toneel in hegtenis geneem en na die Vanderbijlpark SAPD geneem vir verdere ondersoek. Fidelity ADT sê hulle sal altyd hul bes doen om die veiligheid van die inwoners te beskerm.







14 views0 comments
bottom of page