top of page
Search

Kabinet bring veranderinge aan Vlak 1 regulasies

VAALDRIEHOEK - Die kabinet het tydens ‘n spesiale vergadering oor Covid-19 besluit om vlak 1-regulasies aan te pas en onder andere die rotasiebasis by skole te beëindig. Die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê laerskole, sekondêre en spesiale skole keer terug na volle daaglikse bywoning. Leerders hoef ook nie die sosiale afstand van een meter te handhaaf nie. Nog ‘n aanpassing bepaal dat ‘n persoon wat positief toets maar geen simptome toon nie, nie hoef te isoleer nie. Indien hulle wel simptome toon, moet hulle nou slegs sewe dae in afsondering bly in plaas van tien. Mense wat met hulle kontak gehad het, moet hulle slegs afsonder as hulle simptome ontwikkel.

FOTO: (Verskaf)




13 views0 comments
bottom of page