top of page
Search

Kake van die lewe gebruik na ongeluk in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK - Die kake van die lewe is Vrydagaand gebruik om’n pasient uit ‘n wrak uit te haal in Vanderbijlpark. Cert-SA het in ‘n verklaring gesê hulle was ontbied na ‘n motorvoertuigbotsing op die Gouehoofweg, naby Delvoslaan, net na 8uur die aand. Twee voertuie het gebots en een persoon was in die wrak vasgekeer en die kake van die lewe was nodig om die pasiënt uit die wrak te red. Vyf mense het beserings opgedoen wat wissel van matig tot ernstig en is deur ER24 en SharpMed EMS na nabygeleë mediese fasiliteite vervoer.

FOTO's: (Cert-SA)



12 views0 comments
bottom of page