Search

Kenners sê hulp is beter as die bottel as jy geestesongesteld is

VAALDRIEHOEK - Die meeste Suid-Afrikaners het uitgesien na ‘n gelukkige en sorgvrye feestyd, maar met al die swaarkry en verliese wat egter die afgelope jaar oor Suid-Afrikaners se pad gekom het, stem kenners saam dat al meer mense tans angs en depressie ondervind. Die woordvoerder van die Stigting vir Alkohol-verwante Navorsing, Leana Olivier, sê hierdie gevoelens raak dikwels erger na ‘n sopie of twee. Sy beveel aan dat mense wat angs en depressie beleef eerder hulp moet soek as om die volgende drankie te skink.

- SANRA kan op WhatsApp gekontak word by 076 535 1701 en Alkoholiste Anoniem by 086 143 5722.

FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments