Search

Kinders jonger as 6 jaar oud hoef steeds nie maskers te dra

VAALDRIEHOEK - Kinders jonger as ses jaar oud hoef steeds nie maskers te dra nie en sal nie deur wetgewing gedwing word om dit te doen nie. Minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma se woordvoerder, Lungi Mtshali, het vanoggend aan Netwerk24 bevestig dat die aangepaste vlak 3-regulasies, wat Dinsdagaand in die Staatskoerant gepubliseer is, reggestel sal word. Die bewoording lui dat alle Suid-Afrikaners verplig word om maskers te dra. Die nodige uitsluiting van kinders onder ses, soos in vorige regulasies, ontbreek. Mtshali sê kinders jonger as ses sal nie gedwing word om maskers te dra nie en die wetgewing is nie op hulle van toepassing nie. Mtshali sê hulle het bloot ’n fout gemaak in die jongste uitgawe van die Staatskoerant deur dit weg te laat en die regulasies oor kinders en maskers het beslis nie verander nie. Hy sê die departement sal die inligting in die Staatskoerant so spoedig moontlik aanpas om die misverstand uit die weg te ruim.

FOTO: (Verskaf)



3 views0 comments