Search

Kleiner styging in petrol-en-dieselpryse vir volgende maand

VAALDRIEHOEK - Volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds gaan beide petrol- en dieselpryse volgende week Woensdag aansienlik styg, maar nie so baie soos voorheen verwag nie. Huidige data voorspel dat 95 oktaan petrol met R1,84 per liter gaan styg, 93 oktaan petrol met R1,76 per liter en diesel met tussen R2,98 per liter en R3,14 per liter. Die verwagte petrolprysstygings het gemodereer danksy 'n dalende olieprys en 'n verstewiging van die rand.

FOTO: (Verskaf)



7 views0 comments