Search

Kleuterskole maak op ’n streep toe oor inperkregulasies

VAALDRIEHOEK - Honderde kleuterskole, crèches en voorskoolse dagsentrums se deure kan dalk toemaak as hulle tot September volgens inperkregulasies gesluit moet bly. Rapport berig dat die sektor reeds sukkel. ‘n Opname toon dat 83-persent van kleuterskole nie hul personeel ten volle kan betaal nie. Die Edux SA-verslag wys teen September vanjaar kan 1,5 miljoen voorskoolse kinders sonder opleidingsplekke sit. Die woordvoerder van die Childcare Association, Anton van der Merwe, sê net die groot skole gaan staande bly.

FOTO: (Verskaf)




16 views