Search

Kommer oor planne om Graad 1 tot 3 leerlinge outomaties te bevorder

VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) sê die departement se planne om leerlinge in die grondslagfase (gr. 1, gr. 2 en gr. 3) outomaties na die volgende graad te bevorder, behoort ’n groter bron van kommer te wees as die minimum slaagvereistes vir wiskunde. Die vakbond het gereageer nadat die departement van basiese onderwys Sondag gerugte op sosialemedia-platforms ten sterkste ontken het dat die minimum slaagvereiste vir wiskunde “verlaag is na 20%” vir die senior fase van gr. 7 tot gr. 9 en dit as “fopnuus” afgemaak. Uitvoerende hoof van SAOU, Chris Klopper, sê die vakbond is egter meer bekommerd oor planne om leerlinge in gr. 1 tot gr. 3 outomaties na die volgende graad oor te plaas. Klopper sê dit gaan uiteindelik tot ’n geweldige verlaging in standaarde lei. Hy sê Gr. 4 het reeds ’n groot toename in die druipsyfer en bogenoemde gaan dit net vererger. FOTO: (Verskaf)


10 views
Listen Live.jpg