VAALDRIEHOEK - Tax Justice South Africa het kommer uitgespreek omdat Suid-Afrika sewende uit 193 lande is op ʼn skaal wat misdadigheid meet. Die tweede uitgawe van die aanwyser vir georganiseerde misdaad toon die land het 12 plekke op die misdaad-aanwyser geklim. Dit was in 2021 in die negentiende plek, maar het vanjaar ʼn telling van 7,18. Suid-Afrika het naas die Demokratiese Republiek van die Kongo en Nigerië die derde hoogste misdaad-telling in Afrika. Tax Justice SA se stigter, Yusuf Abramjee, sê hierdie verslag moet ʼn wek-roep wees vir wetgewers en wetstoepassingsagentskappe.
top of page
bottom of page
コメント