Koue en moontlikheid van sneeu die naweek in dele van die land verwag
- 90.6 FM News
- May 31, 2024
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ʼn goed ontwikkelde kouefront met groot bolug-ondersteuning sal die naweek aansienlik kouer dagtemperature in dele van die land tot gevolg hê. In die hoogliggende suidelike dele van die Noord-Kaap, die sentrale binneland, en die sentrale Karoo van die Wes-Kaap kan die maksimum temperatuur onder tien-grade Celsius bly. Sneeu word in sewe provinsies verwag, wat Gauteng en die Oos-Kaap insluit.
Comments