Kragonderbreking in Vanderbijlpark na sub-stasie vlam vat
VANDERBIJLPARK - Die meerderheid van Vanderbijlpark is vanmiddag na bewering sonder krag gelos, nadat ‘n sub-stasie in CW4 aan die brand geslaan het. Volgens Afriforum Vanderbijlpark-moderator, Sandra Doyle, het die substasie in CW4 ongeveer om 14:25 aan die brand geslaan en die meerderheid van Vanderbijlpark sonder krag gelos. Die kragtoevoer het ongeveer om 15:30 vanmiddag weer in sekere areas van Vanderbijlpark aangekom. Emfuleni Munisipaliteit het nog geen kennisgewing in verband met die voorval uitgereik nie.
FOTO: (Verskaf)

48 views1 comment