Search

Kragstelsel weer onder groot druk

VAALDRIEHOEK - Eskom sê die kragstelsel is weer onder groot druk weens probleme by agt opwekeenhede. Die kragvoorsiener moes verlede week fase twee-beurtkrag instel weens die vertraging met die herstel van opwekeenhede. Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die verouderde infrastruktuur is onbetroubaar en onbestendig, en enige verdere agteruitgang kan veroorsaak dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel moet word.

FOTO: (Verskaf)



4 views