Search

Krugerpark-besoekers aangemoedig om vooruit vir Paasnaweek te bespreek

VAALDRIEHOEK - SANParke vra alle besoekers wat beplan om die Paasnaweek in die Kruger Nasionale Park deur te bring om vooruit te bespreek en te hou by die park se reëls. SANParke sê in ‘n verklaring dagbesoekers moet daarop let daaglikse kwotas sal ook by die ingangshekke geld. Drie tydsgleuwe vir vooraf-besprekings is toegeken. SANParks sê voorafbespreekte dagbesoekers sal by die hekke voorkeur kry bo dié wat nie bespreek het nie.

FOTOS: (Kruger Nasionale Park)


6 views0 comments