Search

Kwalifiserende Vaaldriehoekers kan vandag en môre entstof by President Square ontvang

VAALDRIEHOEK - ‘n Plaaslike verpleegster het Vaaldriehoek inwoners, wat kwalifiseer om hulle COVID-19 entstof te ontvang, gemaan om vandag of môre die DisChem by President Square in die Vaaldriehoek te besoek. Die farmaseutiese kettingwinkelgroep Dis-Chem het sy Covid-19-entstofdiens uitgebrei na mense wat mediese dekking het en ook dié daarsonder, onderhewig daaraan dat hulle op die elektroniese inentingstelsel geregistreer is. Dit geld ook vir persone ouer as 50-jaar wat geregistreer het. Volgens plaaslike verpleegster Adele Blatt sal die geleentheid by President Square vandag en môre vanaf 09:00 tot 15:00 beskikbaar wees vir alle persone ouer as 50 jaar. Blatt sê geen registrasie of SMS is nodig nie. Die 90.6 FM Nuusspan verstaan dat belangstellendes onder in die parkeerarea kan aanmeld, waarvandaan hulle dan verwys sal word na DisChem self. Dis-Chem het op die oomblik 14 inentingspersele regoor die land, wat die Menlyn- en Centurion-winkelsentrums in Tshwane insluit. Bykomende persele word beplan en sal inentingspersele en klinieke insluit. Die uitvoerende hoof, Ivan Zaltsman, sê sedert die veldtog begin het, het die groep reeds ongeveer 100,000 inentings toegedien.

FOTO: (Verskaf)



22 views0 comments