Search

Laaste Vanderbijlpark-begrafplaasdiens deur AfriForum die Sondag

VANDERBIJLPARK - Inwoners van die Vaaldriehoek wat graag hul geliefdes se grafte wil besoek, kry die naweek die geleentheid om dit onder die wakende oog van AfriForum Vanderbijlpark te doen. Die burgerregte-organisasie se Vanderbijlpark-tak doen op Sondag, 27 November patrollies by die Vanderbijlpark-begraafplaas. Dit sal die laaste begraafplaasdiens van die jaar wees. Die organisasie se Johan Viljoen sê hulle sal vanaf 11:00 die oggend tot 14:00 die middag daar wees. Vanderbijpark en ander Vaaldriehoek-inwoners word uitgenooi om die geleentheid te benut om hul geliefdes se grafte veilig te besoek.

FOTO: (AfriForum)


2 views0 comments