Search

Lae rentekoers goeie geleentheid om eiendomsmark te betree

VAALDRIEHOEK - Ekonome het kopers wat vir die eerste die eiendomsmark betree, aangeraai om gebruik te maak van die geleentheid terwyl rentekoerse op die laagste vlak in meer as 50 jaar is. Hulle beveel ook aan dat kopers binne hul begroting bly. 'n FNB-ekonoom, Mfundo Mabaso, sê die rentekoersomgewing ondersteun nuwe kopers. Hy sê dit is egter belangrik dat voornemende kopers daarvoor voorsiening maak dat hulle die eiendom kan bekostig wanneer die omgewing normaliseer en rentekoerse weer begin styg.

FOTO: (Verskaf)



4 views