Search

Landswye sjokolade tekort kan duur tot Junie

VAALDRIEHOEK - Winkels landswyd ervaar tans ’n tekort aan Cadbury-sjokolade weens ’n tekort aan ’n sleutelbestanddeel vir die vervaardiging van dié gewilde sjokolade. Verskeie winkels het onlangs aan Netwerk24 bevestig dat Cadbury nie tans voorraad het om hul aflewerings na te kom nie. Mondeléz SA, wat die Cadbury-handelsnaam in die land besit, sê hy kon nie in April ’n noodsaaklike bestanddeel vir die vervaardiging van sy sjokolade plaaslik bekom nie. Die vervaardiging van die sjokolade is dus in April gestaak totdat die bestanddeel van elders af bekom kan word. Volgens Shoprite is daar egter aan hom gesê dat die tekort nie sommer gou opgeklaar sal word nie. Hy is ingelig dat Mondeléz eers einde Mei of selfs in Junie weer genoeg voorraad sal kan opbou om die normale hoeveelhede aan kleinhandelaars te kan aflewer.

FOTO: (Cadbury)



7 views