Search

Lesufi wens matrieks sterkte toe met eksamen wat môre begin

VAALDRIEHOEK - Die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, wens alle matrikulante in die provinsie sterkte toe met die skryf van hul eerste Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen. Lesufi sê hy glo dat die studente gedurende die 2020 akademiese jaar hard gewerk het, en hy weet dat hulle voorspoedig sal wees omdat hulle die grootste struikelblok van die jaar, die COVID-19-pandemie, oorkom het. Hy doen ‘n beroep op studente om nie moed op te gee nie en hard te werk tydens hul NSS-eksamens. Die parlementêre portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys het ook die meer as een miljoen kandidate wat vanjaar vir die Nasionale Senior Sertifikaat ingeskryf is, sterkte toegewens vir die eind-eksamen wat môre begin. Alle leerders sal dan Engels skryf. Die komitee het leerders aangemoedig om aan te hou om hard te werk.

FOTO: (Verskaf)




3 views