Search

Lesufi wil verspreiding van kospakkies verhoog

VAALDRIEHOEK - Die waarnemende LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling in Gauteng, Panyaza Lesufi, het gesê hulle is van plan om die verspreiding van kospakkies in die provinsie te verhoog. Sedert die begin van die inperking het honderde mense gekla dat hulle sukkel om kos te koop omdat hulle moes ophou werk. Lesufi sê die Departement slaag daarin om daagliks 2 000 pakkies aan behoeftiges te versprei. Hy sê hulle beoog om meer as 5 000 pakkies per dag te versprei om diegene te help wat in nood is.

FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg