Search

Letsola La None ouetehuis in Sasolburg opgeknap

SASOLBURG - Emerald Resort and Casino het onlangs Letsola La None ouetehuis in Zamdela, Sasolburg, opgeknap. Uitvoerende burgemeester van Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit, Jeff Zwane, Emerald Resort and Casino, LUSA Community Chest en verskeie kontrakteurs het gister die heropening bygewoon. Volgens Emerald is sosio-ekonomiese ontwikkeling na aan die hart van hulle besigheid. Zwane het agtergrond oor die tehuis en sy ryk geskiedenis gedeel by die opening. Van die opknappings sluit in ‘n alarm stelsel, vars verf, vervanging van plafonne, loodgieterswerk, ‘n nuwe gas geiser, nuwe sonkrag ligte, en die vervang van elektriese toebehore waar nodig. Inwoners van die ouetehuis kan nou hulle dae spandeer deur verskeie handwerke te geniet, in hulle eie groete tuin te boer, en deur saam met mekaar te kuier. Zwane bedank alle borge en kontrakteurs wat die opknappings moontlik gemaak het.

FOTO's: (Metsimaholo Local Municipality)



1 view0 comments