Search

Ma en dogter in hospitaal na ongeluk in Drie Riviere

VEREENIGING - Paramedici sê ‘n ma en haar tienerdogter is gisteroggend in die hospitaal opgeneem na ‘n ongeluk by die Ringweg en Blackwood kruising in Drie Riviere, Vereeniging. ER24 sê in ‘n verklaring ‘n bakkie het in die kant van hulle ligte motorvoertuig vasgery en met paramedici se aankoms het beide voertuie in die middel van die kruising gestaan. Die ma en dogter het op die toneel rondgestap. Medici het hulle ondersoek en gevind dat die ma ‘n ernstige besering aan haar arm opgedoen het. Die 14-jarige dogter het net ligte beserings opgedoen. Hulle is beide op die toneel behandel en die ma is met pynverligtingsmedikasie voorsien voordat hulle na Midvaal Hospitaal vir verdere sorg geneem is. Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


14 views