Search

Man in kritieke toestand na motor hom tref in Meyerton

MEYERTION - ‘n Man wat na bewering in sy 30’s is, is in ‘n kritieke toestand nadat hy Vrydagaand deur ‘n motor getref is op die R59 in Meyerton. Die ongeluk het naby die Henley on Klip-afrit plaasgevind. Paramedici van ER24 het Vrydagaand die voertuig aan die kant van die pad aangetref, met die voetganger wat ‘n entjie verder in die pad gelê het. Mediese personeel het die man ondersoek en gevind dat hy verskeie beserings aan sy bene opgedoen het en in 'n kritieke toestand was. Hy is behandel vir sy beserings en met pyn-medikasie voorsien voordat hy per ambulans na die naaste hospitaal vervoer is vir verdere behandeling. Plaaslike owerhede was ook op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (Verskaf)

[Vir meer plaaslike nuus, Subscribe by 90.6 FM News se YouTube kanaal: https://www.youtube.com/channel/UCwIHh6lHQWP1b3MbTdf1clQ]


0 views
Listen Live.jpg