Search

Man in kritieke toestand nadat hy van sy fiets afgery is in Vanderbijlpark, Gauteng

VANDERBIJLPARK - ‘n 35-jarige man is in ‘n ernstige toestand, nadat hy Vrydag van sy fiets afgery is op die R42 in Vanderbijlpark, Gauteng. Volgens ER24 het hulle die voertuig en die fiets langs die pad aangetref. Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy verskeie beserings opgedoen het en in ‘n kritieke toestand was. Die man is vir sy beserings behandel en met pyn-medikasie voorsien, voordat hy na die Kopanong Provinsiale Hospitaal vervoer is vir dringende sorg. Die bestuurder van die voertuig het geen beserings opgedoen nie. Besonderhede rondom die voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (Verskaf)


15 views
Listen Live.jpg