Search

Man kritiek na hy buite ‘n drankwinkel in Drie Riviere geskiet is

VEREENIGING - Paramedici sê ‘n man is gistermiddag deur ‘n ander man in ‘n voertuig op Assegaistraat in Drie Riviere, Vereeniging, geskiet. ER24 sê in ‘n verklaring hulle paramedici het omstreeks 15:30 op die toneel gekom waar die slagoffer op sy rug buite die deur-ry uitgang van ‘n drankwinkel gelê het. Die slagoffer, in sy 30’s, het twee skietwonde opgedoen – een in die bors en een in die rug. Hy was in ‘n kritieke toestand. Paramedici het hom op die toneel behandel met gevorderde lewensondersteuning voordat hy na Sebokeng Hospitaal vir verdere sorg geneem is. Die oorsaak van die voorval is onbekend aan ER24, maar die nooddiens sê die man is geskiet na ‘n argument tussen die twee buite die drankwinkel. FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg