Search

Man kritiek na vragmotor hom op die R57 raakry

VANDERBIJLPARK - Paramedici sê ‘n man in sy 30’s is vanoggend kritiek beseer na hy deur ‘n vragmotor op die R57 in Vanderbijlpark raakgery is. ER24 sê in ‘n verklaring hulle paramedici het net na middernag op die toneel gekom waar hulle die man se liggaam in die middel van die pad gevind het. Hy het verskeie beserings opgedoen en was in ‘n kritieke toestand. ER24 paramedici het die man op die toneel behandel met gevorderde lewensondersteuning, waarna hy na die Sebokeng Provinsiale Hospitaal vir verdere sorg geneem is. Besonderhede oor die voorval is nog onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg