Search

Man noodlottig beseer na voertuig in Vanderbijlpark huis se erf inry

VANDERBIJLPARK - Paramedici sê ‘n man het noodlottige beserings opgedoen en ‘n vrou is beseer na ‘n voertuig in ‘n Vanderbijlpark huis se agtererf op sy kantsy beland het. ER24 sê met paramedici se aankoms op die toneel op die hoek van Playfair en Westinghouse Boulevard net voor 02:00 Saterdagoggend, het hulle die voertuig op sy kant in die huis se agtererf gevind. Met verdere ondersoek het hulle ‘n man agter in die voertuig gevind wat reeds aan sy noodlottige beserings omgekom het. Paramedici kon ongelukkig niks vir die man doen nie en hy is op die toneel dood verklaar. ‘n Vrou het op die toneel rondgestap. Sy het slegs geringe beserings opgedoen en het vervoer na die hospitaal geweier. Niemand wat in die huis was is beseer nie. ER24 sê die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend.

FOTOS: (ER24)










13 views0 comments