Search

Man sterf en vrou beseer na motorfietsongeluk in Frikkie Meyer Boulevard

VANDERBIJLPARK - Paramedici sê 'n man het vanoggend gesterf en ‘n vrou is beseer toe ‘n motorfiets en twee voertuie by die kruising tussen Frikkie Meyer Boulevard en Barrage weg in Vanderbijlpark in 'n botsing betrokke was. Paramedici het omstreeks 06:00 op die toneel gekom waar hulle twee voertuie in die middel van die pad gevind het, terwyl die motorfiets aan die kant van die pad gelê het. ʼn Man se liggaam is naby die motorfiets gevind terwyl ‘n vrou om haar motorvoertuig gestap het. Die man het ongelukkig reeds aan sy talle beserings beswyk en daar was niks wat paramedici vir hom kon doen nie. Die vrou het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor sy na die hospitaal vir verdere sorg geneem is. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


33 views0 comments