Search

Man sterf na voertuig op die R54 in Vaal Marina rol

VAAL MARINA - Paramedici sê ‘n 35-jarige man het vanoggend gesterf na sy voertuig op die R54 Villiersweg in Vaal Marina gerol het. ER24 sê hulle paramedici het omstreeks 05:21 op die toneel gekom waar ‘n ligte motorvoertuig aan die kant van die pad parkeer was. Die liggaam van die man is in die voertuig gevind. Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy verskeie beserings opgedoen het en geen tekens van lewe getoon het nie. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar. ER24 sê plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

FOTO: (ER24)


8 views