Search

Man van De Deur vas op aanklag van dwelmhandel na hy onwettig dagga kweek

DE DEUR - ’n Man van Bronklane in De Deur is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel, nadat dagga op sy eiendom gevind is. Volgens die Kormorant het 'n wenk van 'n betroubare bron lede van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke te same met die Vereeniging SAPD onder die Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekeenheid na die kleinhoewe in De Deur gelei. Polisiewoordvoerder Sersant Shaan Motsapi sê 'n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging is verlede week Woensdag bekom en uitgevoer. Shaan sê terwyl die polisie die perseel deursoek het, het hulle kunsmis en produkte ontdek, insluitend toerusting wat vir die kweek van dagga gebruik word. Die eienaar van die erf is dadelik in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel. Motsapi sê die dagga wat op die erf gevind is, het 'n geraamde straatwaarde van R500 000 en die verdagte sal binnekort in die Vereeniging-landdroshof verskyn.

FOTO: (Kormorant)


3 views0 comments