Search

Man vermis na hy visvang op Vaaldam

VAALDRIEHOEK - ‘n Man van Kemptonpark word vermis nadat hy die naweek gaan visvang het op die Vaaldam. Maroela Media berig dat Pieter Wilders Saterdagmiddag op sy boot gaan visvang het. Volgens sy ouma is die boot onbeskadig gevind met sy selfoon en kospakkie steeds in die boot, maar geen teken van Pieter nie. Maroela Media berig dat die polisie reeds in kennis gestel is en ‘n soektog na Wilders is geloods. Hy het rooi hare en ‘n oorpak aangehad. Enigiemand met inligting oor Wilders word aangemoedig om hul naaste polisiekantoor te skakel.

FOTO: (Maroela Media)



41 views0 comments