Search

Petrolprys daal moontlik in die nuwe jaar

VAALDRIEHOEK - Goeie nuus wag op Vaaldriehoek motoriste met petrol-aangedrewe voertuie. Op grond van die jongste oor- en onderverhalingsyfers van die Sentrale Energiefonds, kan petrolpryse op Nuwejaar verlaag word; maar motoriste met diesel voertuie sal dalk meer moet opdok. Die brandstofprys aanpassing vind op 01 Januarie plaas en is gegrond op die marksyfers van 29 November tot 26 Desember. Tot dusver was daar in hierdie tydperk ’n gemiddelde oorverhaling van 19c per liter op petrol en ’n onderverhaling van 6c per liter op diesel, wat beteken motoriste betaal 19c per liter te veel vir petrol, maar 6c per liter te min vir diesel. Internasionale diesel pryse neem gewoonlik skerper toe as petrol tydens die winter van die noordelike halfrond, waar die grootste brand stof verbruikers bly en die vraag daarna skerp toeneem. FOTO: (Verskaf)






14 views