Search

Marmite is weer terug op die rakke

VAALDRIEHOEK - Die gewilde smeer Marmite is weer terug op winkelrakke. PepsiCo Suid-Afrika wat die plaaslike vervaardiger van die gewilde smeer is, het vroeër vandag bevestig dat Marmite weer vervaardig word. Dit word ook reeds aan winkels en handelaars landswyd versprei. Daar was sedert Junie hierdie jaar ‘n Marmite tekort in die land. PepsiCo het wel genoem dat voorraadvlakke vir die res van die jaar onder druk kan bly.

FOTO: (Verskaf)



2 views0 comments