Masels-besmettingsyfers toon bestendigheid.
VAALDRIEHOEK - Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê masels-besmettingsyfers word meer bestendig, met geen nuwe gevalle wat in die vier provinsies wat geraak is, aangeteken is nie. Die uitbreking, wat verlede jaar begin het, het tot byna een-duisend bevestigde gevalle in die land gelei. Die hoogste aantal gevalle het kinders tussen die ouderdomme van vyf en nege geraak. Om te verseker kinders tot en met 14-jaar-oud word ingeënt, is veldtogte soos die Verenigde Nasies-kinderfonds se Build Back Immunity van stapel gestuur, nadat talle hulle roetine-inentings tydens die Covid-19-pandemie misgeloop het.

