Search

Matriekuitslae gaan nie meer in koerante gepubliseer word nie

VAALDRIEHOEK - Die matriek-uitslae gaan nie in die media gepubliseer word wanneer dit op die 21ste van die maand vrygestel word nie. Dit geld ook vir toekomstige uitslae. Die Departement van Onderwys sê die besluit is geneem omdat die bekendmaking van leerders se persoonlike inligting, indruis teen die wet op die beskerming van persoonlike inligting (POPI). ‘n Woordvoerder van die department, Elijah Mhlanga, sê die matriek-uitslae sal soos in die verlede, by skole beskikbaar wees sodat elke leerder se persoonlike inligting vertroulik gehou word.

FOTO: (Verskaf)



5 views0 comments