Search

Mediesefondslede wat nie inenting ontvang nie sal nie hoër premies betaal nie

VAALDRIEHOEK - Die Raad vir Gesondheidsorgfinansierders sê mediesefondslede wat nie teen COVID-19 ingeënt is nie, se premies gaan nié hoër as dié van ander wees nie. Netwerk24 berig dit kom nadat die lewensversekeraar, Discovery Life, verlede week gesê het mense wat nie ingeënt is nie, gaan ’n hoër premie betaal, net soos wat rokers meer betaal. Volgens Dokter Rajesh Patel van die Raad vir Gesondheidsorgfinansierders verbied wetgewing dat mediesefondslede se gesondheidsrisiko hul premie beïnvloed.

FOTO: (Verskaf)



4 views0 comments