Search

Meer as 5 000 mense het nou reeds in Suid-Afrika aan die koronavirus gesterf

COVID-19 - Die aantal aangemelde koronavirus-sterftes het die 5 000-kerf verbygesteek. Die Departement van Gesondheid sê die totaal beloop nou 5 033 nadat nog 85 sterfgevalle aangemeld is. Altesaam 74 van die sterftes is in die Wes-Kaap aangeteken, 31 in Gauteng, 15 in KwaZulu-Natal en 14 in die Oos-Kaap. Die totale aantal bevestigde gevalle staan op 364 328, terwyl meer as 191 000 pasiënte herstel het.

FOTO: (National Institute for Communicable Diseases op Facebook)


0 views