Search

Meer as 700 aanvalle op klein-sakeondernemings in Sedibeng aangemeld

VAALDRIEHOEK - Daar is meer as 700 aanvalle op kleiner ondernemings in Sedibeng in die Vaaldriehoek tot en met einde verlede jaar aangemeld. Die VF Plus sê die toename in aanvalle op klein-sakeondernemers in Gauteng plaas nie net druk op die polisie nie, maar dwing klein-sakeondernemings op hul knieë wat baie noodsaak om hul deure te sluit. Dit kom na die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, bekend gemaak het dat gedurende April 2019 tot Desember 2020, ‘n totaal van 10 219 aanvalle, diefstalle en ander misdaad teen ondernemings in Gauteng aangemeld is. Die Ekurhuleni-metro-omgewing is die swaarste getref met 3 486 sake gevolg deur Johannesburg met 3 186, Tshwane met 2 160, Sedibeng met 748 en die Wes-Rand met 639. Ondernemings wat die meeste onder diefstal deurgeloop het, is spaza-, snoep- en vulstasie-winkels asook algemene handelaars. Die meerderheid van snoepwinkel-eienaars dryf handel vanaf hul woonhuise en is afhanklik van kliënte wat in die omgewing woon en werk. Eienaars het in baie gevalle nie die nodige fondse om sekuriteitstelsels aan te skaf om hulle teen misdaad te beskerm nie.

FOTO: (Verskaf)




2 views0 comments