Search

Meer as 700 verdagtes gedurende Operasie O Kae Molao gearresteer

SEDIBNEG - Tydens Operasie “O Kae Molao” het die polisie en verskeie ander wetstoepassers meer as 700 verdagtes in Gauteng gearresteer. Hierdie verdagtes is gearresteer op aanklagtes wat wissel van moord, kaping, gewapende roof, verkragting, besit van ongelisensieerde vuurwapens, en vele meer. Die operasies is in alle distrikte, insluitend Sedibeng, Tshwane, die Wes-Rand, Johannesburg en Ekurhuleni, uitgevoer. Polisiewoordvoerder, Kaptein Kae Makhubele, sê operasies is ook in Johannesburg en Soweto uitgevoer, met die hooffokus op diegene wat besig is met onwettige aktiwiteite tydens die afsondering.

FOTO: (Verskaf)


11 views