Search

Metsimaholo Munisipaliteit stig sy Burgemeesterskomiteeraad

SASOLBURG - Die Metsimaholo Munisipaliteit in die Vrystaat, wat areas soos Sasolburg, Zamdela en Deneysville bedien, het vandeesweek sy Burgemeesterskomiteeraad gestig. Die uitvoerende burgemeester, Jeff Zwane, het tydens vandeesweek se raadsvergadering sy Uitvoerende Burgemeesterskomitee van Raadslede (MMC’s) aangekondig. Die lede is soos volg; MMC vir Finansies, Jacques Barnard, MMC vir Ruimtelike Beplanning en Menslike nedersetting, Thulani Mbana en die MMC vir Infrastruktuur en Tegniese Dienste, Thabang Rankoe. Verder is die MMC vir Organisatoriese Ontwikkeling en Korporatiewe Diens Stone Makhema, die MMC vir Gemeenskapsdiens & Spesiale programe Ruanda Meyer, en die MMC vir Openbare Veiligheid en vervoer Frans Van der Merwe. Die Uitvoerende Burgemeester het sy nuwe span gelukwens.

FOTOS: (Metsimaholo Local Municipality)



12 views0 comments