Search

Metsimaholo Munisipaliteit stig sy Burgemeesterskomiteeraad

SASOLBURG - Die Metsimaholo Munisipaliteit, in die Vrystaat, het sy Burgemeesterskomiteeraad gestig. Die uitvoerende burgemeester, Jeff Zwane, het tydens verlede week se raadsvergadering sy Uitvoerende Burgemeesterskomitee van raadslede (MMC’s) aangekondig. Die lede is soos volg: MMC vir Finansies: Jacques Barnard MMC vir Ruimtelike Beplanning en Menslike nedersetting: Thulani Mbana MMC vir Infrastruktuur en Tegniese Dienste: Thabang Rankoe MMC vir Ontwikkeling en Korporatiewe Diens : Stone Makhema MMC vir Gemeenskapsdiens & Spesiale program: Ruanda Meyer MMC vir Openbare Veiligheid en vervoer: Frans Van der Merwe

FOTO: (Facebook: Metsimaholo Local Municipality - Office Of The Executive Mayor)




12 views0 comments