Search

Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit sê kabeldiefstal kos die munisipaliteit miljoene rande

METSIMAHOLO - Die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit sê kabeldiefstal kos die munisipaliteit miljoene rande. Metsimaholo se Uitvoerende Burgemeester, Raadslid Jeff Zwane, het die vandalisme en diefstal van elektriese infrastruktuur en kabels binne die munisipale gebied ten sterkste veroordeel. Die munisipaliteit het in ’n verklaring bevestig dat kabels ter waarde van meer as R1,9-miljoen sedert die begin van die jaar gesteel is, wat huise en besighede binne Metsimaholo vir dae of selfs weke in duisternis dompel. Burgemeester Zwane het ’n beroep op wetstoepassingsagentskappe, die SAPD, buurtwagte en gemeenskappe gedoen om te help om dié plaag hok te slaan. Inwoners van Metsimaholo word aangemoedig om waaksaam te wees en kabeldiefstal by die Metsimholo Openbare Veiligheidslyn op 076 925 9177 of by enige plaaslike SAPD-tak aan te meld.

FOTO'S: (Metsimaholo Local Municipality)






6 views0 comments