Search

Meyerton sekuriteitswag kritiek na ’n metaalhek op hom val

MEYERTON - Paramedici sê ’n sekuriteitswag is Saterdag kritiek beseer na ’n groot metaalhek by ’n nywerheidsperseel in Highbury, Meyerton, op hom geval het. ER24 sê sy paramedici en die Midvaal-brandweerdienste het met aankoms op die toneel die 48-jarige man op die grond gevind waar hy langs die hek gelê het. Nabygeleë werkers het hom onder die hek uitgetrek. Die mediese personeel het die pasiënt ondersoek en gevind dat hy 'n ernstige snywond aan sy arm opgedoen het en in 'n kritieke toestand was. Hy is met Gevorderde Lewensondersteurningsmetodes behandel, terwyl 'n helikopter in ‘n nabygeleë area geland het om hom na 'n private hospitaal in Alberton te vervoer vir verdere sorg. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog onbekend.

FOTO: (ER24)


3 views0 comments