SASOLBURG - Die 28-jarige Mia le Roux, wat in Sasolburg in die Vrystaat gebore is, is oor die naweek by 'n glansgeleentheid in Pretoria as Mejuffrou Suid-Afrika gekroon. Le Roux, wat woon in Oudsthoorn in die Klein-Karoo, is op eenjarige ouderdom met ernstige gehoorverlies gediagnoseer. Sy is 'n model en bemarkingsbestuurder en studeer deeltyds B-Comm-bemarking. Nompumelelo Maduna van Rockville, Soweto, is as die eerste prinses gekroon, terwyl Onalenna Constantin van Potchefstroom in Noordwes, die tweede prinses is.
Die Neema-stigting vir Dowes het intussen die kroning van Mia le Roux as Mej SA 2024 as geskiedkundig beskryf want dit plaas die kollig op kwessies wat die dowe-gemeenskap raak. Fatima Cele van die stigting sê die Mej SA-organisasie het ook getoon wat moontlik is deur persone met gestremdhede, veral uit die gemeenskap van dowes en hardhorendes, in te sluit.
FOTO: (Miss South Africa)
Comments