Search

Midvaal as die finansieël mees stabiele munisipaliteit in die land aangewys

MIDVAAL - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is aangewys as die finansieël mees stabiele munisipaliteit in die land. Dit is volgens 'n verslag wat deur die onafhanklike graderingsagentskap, Ratings Afrika, vrygestel is. In die verslag het Midvaal 75 punte uit 100 behaal, wat die eerste plek vir die munisipaliteit uit 100 munisipaliteite beklink het. Die gradering was spesifiek op grond van finansiële volhoubaarheid bepaal en het nie ander faktore soos munisipale prestasie of dienslewering in ag geneem nie.

FOTOS: (Midvaal Munisipaliteit)




6 views0 comments