Search

Midvaal een van die min munisipaliteite met 'n skoon outditverslag

MIDVAAL - Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is een van die min munisipaliteite in die land wat ‘n skoon ouditverslag in die 2020/2021-boekjaar ontvang het. Suid-Afrika se Ouditeur-Generaal, Tsakani Maluleke, sê slegs 16 persent van die land se munisipaliteite het ‘n skoon ouditverslag in die afgelope boekjaar ontvang, waarvan slegs twee in Gauteng is – Midvaal en Ekurhuleni. Dit beteken dus dat die Emfuleni plaaslike munisipaliteit ook nie ‘n skoon oudit ontvang het nie. Maluleke het aan parlementslede (LP’s) gesê in die Vrystaat en Noordwes was daar nie eens een munisipaliteit wat ’n skoon ouditverslag ontvang het nie, terwyl slegs vier munisipaliteite in die Oos-Kaap ‘n skoon ouditverslag ontvang het. Die Wes-Kaap het hoogste aantal skoon ouditverslae gehad met 22 munisipaliteite. Limpopo het oor die afgelope vyf jaar die meeste verbetering getoon.

FOTO: (Midvaal)


2 views0 comments